From WikiRecord, the encyclopedia of everything · from the Afrikaans Wikipedia

Darlingrivier
Benedeloop van die Darlingrivier naby Menindee, Nieu-Suid-Wallis.
Benedeloop van die Darlingrivier naby Menindee, Nieu-Suid-Wallis.
Benedeloop van die Darlingrivier naby Menindee, Nieu-Suid-Wallis.

Die stroomgebied van die Darlingrivier.

Oorsprong samevloei van die Barwon- en Culgoa-riviere naby Brewarrina, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte
Monding Wentworth, Nieu-Suid-Wallis
Murrayrivier
Stroomgebied Nieu-Suid-Wallis (Australië)
Lengte 1 472 km (915 myl)
Oorspronghoogte 119 m (390 voet)
Mondinghoogte 35 m (115 voet)
Gemiddelde afloop 100 m³/s (3 530 vt³/s)

Die Darlingrivier (Engels: Darling River) is met 'n lengte van 1 472 km Australië se derde grootste rivier.[1] Die Darlingrivier is die tweede grootste sytak van die Murrayrivier.

Die Darlingrivier naby Bourke
Die saamvloei van die Darlingrivier met die Murrayrivier

Die Darlingrivier ontspring in die noorde van Nieu-Suid-Wallis, net suid van die grens tot Queensland, in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend loop hy 1 472 km in suidwestelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Darlingrivier naby Wentworth met die Murrayrivier saamvloei.

Die Darlingrivier is Australië se mees bekende waterweg.[2] Dit het 'n baie onreëlmatige afloop van sowat 100 m³/s naby Menindee.[3]

Verwysings

  1. ↑ "(Australia's) Longest Rivers" (in Engels). Geoscience Australia. 10 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2014. Besoek op 10 Februarie 2015.
  2. ↑ Sally Macmillan (24 Januarie 2009). "Darling River townships offer historic route". The Courier-Mail (in Engels). Queensland Newspapers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2012. Besoek op 10 Februarie 2015.
  3. ↑ (en) "The Darling River". Central Darling Shire Council. Besoek op 10 Februarie 2015.[dooie skakel]

Eksterne skakels